Laerskool Gansbaai skaakspelers maak al die regte skuiwe
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan ons twee skaakspelers van Laerskool Gansbaai wat 25 & 26 Oktober, aan die Wes-Kaapse Klubkampioenskappe in spanverband deelgeneem het. Hulle het hul klub, African Chess Lounge, verteenwoordig.
Rossouw Coetzer het in die C-afdeling gespeel, en sy span het ’n derde plek behaal. Hanro Coetzer het in die B-afdeling deelgeneem, en sy span het eerste geëindig. Hanro het ook die bordprys op bord 2 gewen met ’n volle 5 uit 5 oorwinnings! Trots op julle!
Rossouw Coetzer










