Worcester Gimnasium skaakspeler presteer uitstekend in Rustenburg
ADVERTISEMENT
Worcester Gimnasium is trots op Coreta van Zyl wat gedurende die vakansie aan die SAJCCC (South African Junior Closed Chess Championship) te Rustenburg deelgeneem het. Dit is ‘n uitnodigingstoernooi waarheen slegs 35 spelers per ouderdomskategorie in Suid-Afrika genooi word. Coreta het 17de geëindig in die o. 18-afdeling. Welgedaan, Coreta!










