Skaak uitslae vir Laerskool Gansbaai
ADVERTISEMENT
Vyf van ons Gansies, Danielle Stevens, Alet du Preez, Anneke du Preez, Rossouw Coetzer en Lihan Lourens, het hul vakansie laasweek opgeoffer en deelgeneem aan die “South African Junior Closed Chess Championship” wat in Somerset-Wes aangebied is. Die beste skaakspelers van die land is gekies om deel te neem en die kompetisie was baie sterk. Laerskool Gansbaai skaakspelers het die Gansienaam hoog gehou en ons is baie trots op hulle. Geluk aan Lihan Lourens wat in die 12de plek geëindig het! Welgedaan, Gansies.

Hierdie drie skaakspelers verteenwoordig Suid-Afrika vanaf 11-18 April in Griekeland. Hulle maak geskiedenis as die eerste SA-skaakspelers van Laerskool Gansbaai. Sterkte met die laaste voorbereidings, ons is bankvas agter julle!










