‘n Nuwe seisoen en nuwe klere vir Hennenman Primêre Skool
ADVERTISEMENT
Vanjaar sal jy moet twee keer kyk om seker te maak jy sien reg. Hennenman Primêre Skool se netbalspanne trek vanjaar ’n splinternuwe “baadjie” aan of is dit nou ’n bib!? Op Dinsdag 5 Maart word die nuwe klere deur die betrokke borge aan die netbalspeelsters oorhandig. Die skool het daarvan ’n spoggerige geleentheid gemaak, deur die borge uit te nooi om die geleentheid by te woon. Daar word tydens die saalbyeenkoms ’n oorhandiging aan die speelsters en afrigters gedoen.
Elke skool is net so sterk soos hulle ondersteunings-netwerk. Ons netbalspanne word bederf deur onder andere John Deere Financial, Pioneer Seeds, Molatek Vee Voere, Montana Interior, Hennenman Spar en BAN “Business Accounting Network” wat gaan verseker dat ons skool hierdie nuwe netbalseisoen soos ware wenners gaan lyk. Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om die bogenoemde borge te bedank. Met sulke ondersteuning kan elkeen uitsien na die 2024 seisoen.













