Laerskool Bellville-Noord geniet nog ‘n sportdag op die platteland
ADVERTISEMENT
Laerskool Bellville-Noord het die afgelope naweek (16/5) deelgeneem aan nog ‘n sportbyeenkoms op die platteland. Hierdie keer was dit ons seuns.
Albei ons o.11-spanne het ons behoorlik laat breed glimlag met puik spel. Die o.11B-span het al drie hul wedstryde gewen. Die o.11A-span het een beter gedoen en al vier hul wedstryde gewen.
Ons o.13A-span kon twee van hul vier wedstryde wen. Ongelukkig het ons o.9’s en o.13B’s streepsuiker gekry in al hul wedstryde en het die spanne van die platteland vir ons stadjapies gewys waar David die wortel begrawe het.
Die dag was ‘n heerlike sonnige herfdag en al die Bellville-Noord Meerkatte (ouers, personeel en kinders) het die vriendelike platteland terdeë geniet, ongeag die uitslae van die wedstryde












