Onderhoude–Goudveld-Hoërskool Netbal Eerstespankaptein-Michelle van der Westhuizen
ADVERTISEMENT
Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Welkom Gim vs Goudveld hier. Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie. Ons gesels met die netbal eerstespankaptein van Goudveld- Hoërskool-Michelle van der Westhuizen.

Michelle v.d. Westhuizen
Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Vir ons voorseisoen het ons deelgeneem aan Menlopark toernooi in Pretoria. Ons het elke dag 3 wedstryde gespeel waar die meisies uithouvermoë en ware karakter gewys het. Elke speler se veelsydigheid en toewyding tot die span was getoets.
Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Meeste speelsters hierdie jaar speel al vir 2 of meer seisoene in die eerste span, so ek voel hulle het al baie ontwikkel van laas jaar af en ons het baie gegroei van verlede seisoen af. In veral die laaste paar wedstryde het ons as span “gekliek” en het ons spel baie verbeter.
Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Voor elke wedstryd voel ek n rustigheid oor my kom en dink ek net aan wat ek moet doen. In daardie oomblik voel dit vir my soos ‘n groot eer om as eerstespan kaptein op die baan te draf en saam 7 ander wat ek vertrou te speel.
Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons span het n skoon speelstyl en ons probeer die Gouties waardes op die baan handhaaf. Met elke wedstryd speel ons voluit tot op die einde en tel mekaar as span op as iemand haar kop laat sak.
Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons wil die Lejweleputswa liga wen en ook goed presteer in die Wesgrow liga. Ek het ‘n standaard vir myself gestel om hard te oefen en by elke oefening my alles te gee.
Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Defnetief die derby wedstryd teen Gimnasium. Van die begin van die jaar af sien die hele span al daarna uit, want ons wil bitter graag die wedstryd wen en voel ons ons het ‘n punt om te bewys. Elke wedstryd in die Wesgrow liga staan ook vir ons uit omdat ons neskuurig is oor hoe ons gaan doen omdat ons baie ontwikkel het van laas jaar af.
Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Elke speler het sy doel in die span en saam vorm ons ‘n goeie eenheid wat dit moeilik maak om een uit te sonder. Elkeen het sy sterk punte wat uitstaan waarop die span staat maak en bou.
Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur? Dit leer ons dat ons ondersteuning wat die afrigters, ouers en kinders langs die baan insluit, baie belangrik is en waardeer moet word. Hulle bou ons op en motiveer ons deur elke wedstryd.
As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? As kaptein, wil ek deur voorbeeld lei. Ek wil nie net my spanmaats voor n wedstryd motiveer en moed in praat nie, maar ook op die baan positief bly. Deur my spel wil ek my span motiveer en lei.
Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek wil hê dat mense opgewonde moet wees vir wat voorlê en nog meer wedstryde wil kom kyk. Mense moet sê dat hulle kan sien dat elkeen op die baan hard werk en hul deel tot die span bydra.









