Onderhoude–Goudveld-Hoërskool Hokkie Eerstespankaptein- Juah Jansen van Rensburg
ADVERTISEMENT
Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Welkom Gim vs Goudveld hier. Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie. Ons gesels met die hokkieseuns eerstespankaptein van Goudveld-Hoërskool- Juah Jansen van Rensburg.

Juah J.v. Rensburg
Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Die voorseisoen was intens maar baie suksesvol. Ons het harder gefokus op struktuur en spanchemie. Dit het ons groep se karakter gewys: vasbyt, ondersteuning vir mekaar en volle toewyding, selfs as dit moeilik was.
Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Die jaar se eerste span is vinniger en meer gedissiplineerd as vorige jare. Ons het nuwe spelers wat kwaliteit byvoeg. Ondersteuners moet kom kyk na die hoë tempo, slim spel en hoe ons as eenheid baklei.
Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Voor ek die veld betree, dink ek aan die verantwoordelikheid om my skool se wapen met trots te dra. Dit beteken vir my ’n kans om te lei, myself en my span te verbeter.
Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons span se identiteit: vinnige oorgange en aggressiewe pressing. Ons speelstyl is struktuur en goeie passe. Gees: positief en ondersteuning.
Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons standaard is om elke dag en elke wedstryd met 100% inspanning, respek en wenmentaliteit in te gaan – nie net vir resultate nie, maar om beter mense en spelers te word.
Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Die groot derby wedstryd staan uit. Dit is belangrik want dit toets ons karakter en gee ons die kans om skooltrots regoor die gemeenskap te wys.
Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Sello Ngwane gaan mense verras met sy verbetering en deursettingsvermoë. Daardie speler maak jou op met positiewe energie en bereidheid om altyd ekstra te gee vir die span.
Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur? Hokkie leer spelers dissipline, hoe om onder druk te presteer, ware spanwerk en leierskapsvaardighede wat hulle in die lewe buite die veld sal help.
As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? As kaptein wil ek ’n inspirerende, regverdige en harde-werkende leier wees wat almal betrek, kommunikeer en ’n voorbeeld stel van toewyding en sportsmansgees.
Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop hulle sien ’n verenigde, passievolle span wat saam baklei, mekaar opbou en die skool met trots verteenwoordig.









