Onderhoude–Welkom-Gimnasium Hokkiedogters Eerstespankaptein-Willizè Watt
ADVERTISEMENT
Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Welkom Gim vs Goudveld hier. Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie. Ons gesels met die hokkiedogters eerstespankaptein van Welkom Gim-Willizè Watt.

Willizé Watt
Beste Gimmie-familie en Hokkie-ondersteuners, die wag is uiteindelik verby. Die veld is reg, ons stokke is reg, en die Gimmies se harte klop vinniger as ooit. Om hierdie span in 2026 te lei teen Gouties is my grootste eer. Ons harte is reg, ons fokus is vas. Vir ons as die Eerste Meisiespan is die Derby teen Gouties nie net nog ‘n wedstryd nie – dit is die oomblik waarvoor ons hardloop, sweet en veg.
Wanneer ons daardie Swart trui oor ons koppe trek, speel ons nie net vir onsself nie, maar vir elke Gimmie wat voor ons gekom het en elkeen wat vandag langs die veld staan. Gouties, ons respekteer julle as teenstanders, maar weet dit: op hierdie veld los ons alles. Ons gaan met passie speel, met integriteit veg, en elke sekonde benut om ons skool se naam hoog te hou. Aan my span:
Kom ons wys hulle wat ware Gimmie-gees beteken. Vertrou op ons voorbereiding, speel vir mekaar, en laat die hokkie praat. Julle is ‘n inspirasie vir elke klein dogtertjie langs die veld. Aan ons ondersteuners: Julle is ons 12de speler. Laat die “G-I-M-M-I-E-S” weerklink sodat die hele Welkom weet wie hier oorwin!
Trots Rooi en Swart, Kaptein: Willizè Watt









