AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About Us
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About Us
  • Laerskool La Hoff spog met rugby prestasie

  • Onderhoude–Welkom-Gimnasium Hokkiedogters Eerstespankaptein-Willizè Watt

  • Hoërskool Nelspruit netbalspelers gekies om Mpumalanga te verteenwoordig

  • Laerskool Nelspruit landloopatlete presteer

  • Onderhoude–Goudveld-Hoërskool Hokkie Eerstespankaptein- Juah Jansen van Rensburg


Free StateGoudveld-HoërskoolNorthern and Eastern Free StateRegional News
Home›Regional News›Free State›Onderhoude–Goudveld-Hoërskool Rugby Eerstespankaptein Tian Harmse

Onderhoude–Goudveld-Hoërskool Rugby Eerstespankaptein Tian Harmse

By Karien Frans
21st May 2026
7
0

ADVERTISEMENT


Share:

Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Welkom Gim vs Goudveld hier. Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie. Ons gesels met die rugby eerstespankaptein van Goudveld-Hoërskool-Tian Harmse.

Tian Harmse

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Die voorseisoen was baie intens en fisies uitdagend. Dit het duidelik gewys dat ons groep spelers oor n sterk werksetiek beskik en moes ons vinnig leer dat dissipline en samewerking nie onderhandelbaar is nie. Ons span is toegewyd en gemotiveerd om ons volle potensiaal te bereik.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Ons span verkil van vorige jare deurdat ons nog nie ons volle potensiaal heeltemal kon bewys nie. Dit maak ons begeerte net groter om beter te presteer. Ons span kom elke keer terug met nuwe moed en wilskrag om foute reg te stel en tegnieke te verbeter. Dis n span met karakter wat nie gaan le nie,maar elke keer volstoom oefen en mekaar ondersteun.

Ondersteuners kan opgewonde wees om n span te ondersteun wat karakter toon, wat nooit ophou baklei of moed verloor nie, maar alles gee om hul afrigters en ondersteuners trots te maak.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Terwyl jy in die tonnel staan en die gejuig van jou skoolmaats en ondersteuners hoor,  besef ek keer op keer dat die geleentheid oor meer gaan as die spel. Dit gaan oor die voorreg om die Goutie trui te mag dra.  Die Goutie trui verteenwoordig trots respek, dissipline, integriteit en waardigheid op en van die veld.  Ek besef my verantwoordelikheid om my skool trots te maak en om my spanmaats te ondersteun, te motiveer en om die beste besluite te neem. Vir my persoonlik is dit n besonderse eer wat ek nooit as vanselfsprekend beskou het nie. Ek prys my Goutie voorgangers wat met dieselfde intensiteit en verwagtinge die Goutie Trui gedra het en vir ons die pad aangewys het.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons span se identiteit is gefokus op fisiese intensiteit, dissipline en strategiese uitvoering. Ons streef daarna om met tempo te speel, terwyl ons mekaar voortdurend ondersteun. Ons ingesteldheid is een van deursettingsvermoe, en ons span gees word gekenmerk deur respek en vertroue.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons het vir onsself die standaard gestel om konsekwentheid, dissipline en trots in ons vertonings te handhaaf. Dit gaan vir ons oor die proses van voortdurende verbetering en om elke week beter as die vorige een te wees, ongeag die uitslag.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Die wedstryd teen Welkom Gimnasium, aangesien dit ons skool se derby is en altyd n besondere atmosfeer skep. Dit is nie net n wedstryd nie, maar n geleentheid waar die hele gemeenskap en oud skoliere betrokke raak en saamstaan om die span te ondersteun. Die intensiteit, trots en geskiedenis wat met hierdie wedstryd gepaardgaan, maak dit vir ons as spelers ongelooflik spesiaal. Dit is n kans om nie net vir onsself nie, maar vir almal wat agter ons staan, te speel en ons skool se naam met trots te verteenwoordig.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?  Rugby is n spansport en is elke lid van die span daartoe verbind om sy volle potensiaal te gebruik om suksesvol te wees. Op die veld is daar nie net 2 of 3 sterre nie, maar broers wat saamwerk om seker te maak punte is op die bord.  Ons span is besonders want as dit by die spel kom is elke speler daar om sy rol met oorgawe te vervul, dit is juis hierdie wat ons n span maak om dop te hou.

 Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur? Rugby leer ons waardevolle lewenslesse soos dissipline, verantwoordelikheid en spanwerk. Dit help ons om katrakter te bou en berei ons voor vir uitdagings buite die sportveld.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? As kaptein streef ek daarna om deur my optrede te lei en n voorbeeld van toewyding, nederigheid en deursettingsvermoe te stel. Ek wil n leier wees wat my span inspireer en ondersteun, beide op en van die veld af. Ek bid dat Ons Hemelse Vader ons as Goudveld Eerste Rugby Span sal beskerm van beserings en te lei om wyse besluite te neem,mekaar te ondersteun  en voortdurend respek teenoor mekaar en die opponent te toon.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop dat mense sal se ons het met trots, intensiteit en n onwrikbare gees gespeel, en dat ons alles gegee het vir mekaar en vir ons skool.

 

TagsWelkom Gim vs Goudveld 2026
Previous Article

Hoërskool Ellisras netbalspeler gekies vir die o.15 ...

Next Article

Hoërskool Stellenbosch leerders neem deel aan die ...

Share:

Related articles More from author

  • Free StateNorthern and Eastern Free StateRegional NewsWelkom Gimnasium

    Onderhoude–Welkom-Gimnasium Rugby Eerstespankaptein-Reagen Krige 

    21st May 2026
    By Karien Frans
  • Free StateNorthern and Eastern Free StateRegional NewsWelkom Gimnasium

    [Interview] Welkom Gimnasium – First team boys hockey captain – Louis Steenkamp

    21st May 2026
    By Karien Frans
  • Free StateGoudveld-HoërskoolNorthern and Eastern Free StateRegional News

    Onderhoude–Goudveld-Hoërskool Hokkie Eerstespankaptein- Juah Jansen van Rensburg

    21st May 2026
    By Karien Frans
  • Free StateNorthern and Eastern Free StateRegional NewsWelkom Gimnasium

    Onderhoude–Welkom-Gimnasium Hokkiedogters Eerstespankaptein-Willizè Watt

    21st May 2026
    By Karien Frans
  • HelderbergRegional NewsSomerset CollegeWestern Cape

    Somerset College Awards Evening

    22nd November 2024
    By Karien Frans
  • Laerskool OverbergOverbergRegional NewsWestern Cape

    Laerskool Overberg het aan die WKOD se Hackathon deelgeneem

    4th September 2024
    By Karien Frans

  • BloemfonteinFree StateHoërskool SentraalRegional News

    Hoërskool Sentraal tennis uitslae

  • HighveldLaerskool KruinparkMpumalangaRegional News

    Laerskool Kruinpark eindig 2de in Grootskole liga

  • Eastern CapeHoërskool FramesbyPort Elizabeth and SurroundsRegional News

    Mr and Miss Sunridge Primary School 2024

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

Some people call it school news. We call it awsum.

Africa’s premier school network offers a multi-tiered communication platform to schools that include: The AWSUM Newspaper, AWSUM App for Schools, the 24/7 school news website and AWSUM Clashes.

 

 

Our ‘awsumness’ includes: New technology and media, an income opportunity that will be your biggest source of income outside of school fees and a new perspective on school news on one of Africa’s fastest growing school news platforms

© 2025 Awsum News.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us