Hoërskool Stellenbosch leerders neem deel aan die Dink-of-Sink Debatkompetisie
ADVERTISEMENT
Op Vrydag, 7 Mei, het Hoërskool Stellenbosch debatleerders oudergewoonte aan die jaarlikse Dink-of-Sink debatkompetisie deelgeneem. Ons het hierdie jaar net twee spanne ingeskryf, aangesien die res van die leerders op die sporttoer na Riversdal was.
Ons junior span (Karla van Zyl, Karla van der Colff en Annabelle Conradie) het in die uitdunrondtes al drie hulle debatte gewen en is gekies as een van die top vier spanne om in die semifinale rondtes te praat. Hulle het ongelukkig in hierdie rondte die debat teen Hoërskool Jan van Riebeeck verloor. Ons is baie trots op hierdie drie debatteerders wat al drie vir die eerste keer aan ‘n debatkompetisie deelgeneem het en onder die top vier spanne uit ongeveer 40 junior spanne geëindig het.
Ons senior span (Adele Holtshauzen, Riane Louw en Julia Barry) het in die uitdunrondtes hulle debatte teen Paul Roos Gimnasium en Hoërskool Jan van Riebeeck gewen, maar ongelukkig teen ‘n ander span van Paul Roos verloor.Welgedaan, Debatteerders










