Hoërskool Stellenbosch het aan die Proscenium Dramakompetisie deelgeneem
ADVERTISEMENT
Hoërskool Stellenbosch is ongelooflik trots op Nurudien Wyngaard wat die afgelope naweek aan die Proscenium Dramakompetisie deelgeneem het.
Daar het honderde hoërskoolleerders landswyd aan hierdie jaar se kompetisie deelgeneem. Die finale vier rondtes is op 6 – 9 Mei in die Kunstekaapteater, Kaapstad, aangebied. Nurudien (graad 11) het deurgedring na die nasionale Top 30. Hy het ook ‘n rol losgeslaan in ‘n produksie wat by hierdie jaar se Woordfees op die planke gaan wees.










