Laerskool Saamtrek mini netbaldogters vaar puik
ADVERTISEMENT
Laerskool Saamtrek mini-netbaldogters het Saterdag, 16 Mei by Laerskool Noordvaal aan ’n heerlike dag vol netbalpret deelgeneem!
Daar was baie hardloop, lag, spanwerk en groot glimlagte op en langs die bane. Ons is baie trots op elke dogter wat met soveel geesdrif, sportmangees en energie gespeel het. Julle is ware klein sportsterre!
Dankie aan die afrigters, ouers en ondersteuners wat die dag ekstra spesiaal gemaak het. Samies se mini’s wys sommer vroeg al hoe lyk groot spanhart!



















