Laerskool Vredekloof neem deel aan die Eversvasvra
ADVERTISEMENT
Laerskool Vredekloof Graad 7-leerders het ook die voorreg gehad om aan die jaarlikse Eversvasvra by Laerskool Eversdal deel te neem. Dit was ’n prettige aand vol uitdagende algemene kennisvrae en uitstekende spanbou. Ons leerders het ’n uitstekende tweede plek behaal.
Ons sê baie geluk aan al hierdie leerders met hul uitstekende prestasies. Ons is ongelooflik trots op hul harde werk, toewyding en deursettingsvermoë.










