Hoërskool Ermelo vier 110de verjaarsdag
ADVERTISEMENT
110 jaar van seën vir Hoërskool Ermelo. In 1914 het iets besonders in Ermelo tot stand gekom: die begin van Hoërskool Ermelo. In 2024, 110 jaar later, spog die Erries steeds met klas, styl, tradisie, prestasies, leerders wat die wêreld betree om ’n verskil te maak en ’n uitsonderlike mooi terrein en fasiliteite. Op 11 April het EHS die verjaarsdag van Hoërskool Ermelo ten volle gevier; met koek, ballonne en groot gees. 110 duiwe, simbolies vir 110 jaar van genade, is vrygelaat en die Erries is weereens herinner aan die seën wat so muldelik oor die Erries uitgestort word. Dankie aan elke Errie wat deur die loop van 110 jaar bygedra het om van Hoërskool Ermelo die skool te maak wat hy vandag is. Errie-trots word in elke Errie-hart geplant en sal altyd bly groei. Ons dank God vir Sy teenwoordigheid in die skool en die pad wat Hy bepaal het vir elke Errie. Veels geluk, Hoërskool Ermelo! Ons het jou lief en sal jou nooit vergeet. Non Viribus Sed Virtute – Nie deur krag nie, maar deur deug!
EHS vier fees!
EHS vier fees!
EHS vier fees!
EHS vier fees!
EHS vier fees!
EHS vier fees!
EHS vier fees!










