Hoërskool Douglas leerders verteenwoordig Noord-Kaap in robotika kompetisie
ADVERTISEMENT
Vier van ons leerders het vroeër vanjaar deurgedring na die TOP 20 van Suid -Afrika se SITA Robotika kompetisie. Hulle het teen baie bekende skole van regoor Suid- Afrika meegeding. Hierdie groep leerders het deurgedring na die volgende rondte van die kompetisie. Hulle is nou onder die Top 10 van Suid-Afrika. Die kompetisie vat hulle al die pad Durban toe vir 4dae. Vanaf 11 tot 14 September sal hulle die hele Noord-Kaap, asook hulle skool gaan verteenwoordig. Hoërskool Douglas is trots op hierdie uitstekende prestasie.











