Laerskool Bellville -Noord vier die prinsipaal se verjaarsdag
ADVERTISEMENT
Daar is vandag (26/8) hordes en hordes geel (en ‘n paar pers) minions wat in die klasse by Laerskool Bellville-Noord is. Mnr. Johann Mostert (skoolhoof) vier vandag sy verjaarsdag en hierdie jaar het die Raad-van-Leerders besluit hy moet die karakter Gru (The Minions- flieks) uitbeeld. Mnr. Mostert is elke jaar met sy verjaarsdag ‘n bok vir sports en dan beeld hy een of ander karakter uit ‘n boek of fliek uit soos die Raad-van-Leerders vooraf kies.

Mnr. Viviers het ‘n kort boodskap gelewer en het die letters van die woord MEERKAT (ons skool se gelukbringer) gebruik om mnr. Mostert as persoon op te som.
Vroegoggend was daar ‘n kort saalbyeenkoms waartydens hy gelukgewens was deur mnr. Jacques Viviers (HOD) asook die leiers van die Raad-van-leerders. Die hele skool het ook vir hom gesing. Hierna volg die skool ‘n aangepaste rooster sodat ons steeds elke periode het wat ons vandag sou hê.

Mnr. Viviers het ‘n kort boodskap gelewer en het die letters van die woord MEERKAT (ons skool se gelukbringer) gebruik om mnr. Mostert as persoon op te som.














