Laerskool Gericke vier Wêreldboekedag
ADVERTISEMENT
Laerskool Gericke skoolhoof, mnr. Sjoerd Selders, het vandag vir ons graad R’e ’n storie kom lees. Dit was ’n besondere en lekker ervaring vir die kinders! Boeke help ons om die wêreld te ontdek, ons verbeelding te laat groei en nuwe avonture te beleef—alles vanaf ons eie klaskamer. Dankie, Mnr. Selders, dat u die liefde vir lees met ons deel!










