Drie van Hoër Volkskool se musiekante het aan die Camdeboo Eisteddfod deelgeneem
ADVERTISEMENT
Drie van Hoër Volkskool se musiekante het aan die Camdeboo Eisteddfod deelgeneem. Ons leerder het hul uitstekend van hul taak gekwyt!.
uitslae is as volg:
Alice du Toit doen twee stukke in die senior klavieruitvoering afdeling. Vir Moment Musical deur Schubert (romanties), behaal sy ‘n goue toekenning en vir Velocity deur F. Burgmuller (klassiek), behaal sy Cum Laude.
Rikus Kleyn neem ook deel aan die senior klavieruitvoering afdeling en behaal ‘n cum laude toekenning vir sy stuk, Sonatina in G (Sonata). Hy het ook die beoordelaars met sy stem betwoer en sing die bekende lied van Appel, Kom lê my neer. Hiervoor behaal hyo ok ‘n Cum Laude toekenning.
Adriaan Blignaut neem deel in die Kitaar Solospel afdeling. Hy speel Someone Like You deur Adele en kry ‘n goud plus toekenning.Baie geluk aan al ons musikante!










