Hoërskool DF Malan leerder tree op as solis by gesogte Concerto Festival
ADVERTISEMENT
Johan Muller, ‘n graad 12-leerder, van Hoërskool DF Malan het die 14de Oktober 2022 as solis opgetree by die gesogte Concerto Festival van die Hugo Lambrechts. Hy was een van 13 finaliste wat saam met die Hugo Lambrechts Simfonie-orkes opgetree het. Hy het Andante uit Castelnuovo-Tedesco se kitaarconcerto uitgevoer. Baie geluk met hierdie besondere prestasie, Johan. Ons is saam met jou trots op hierdie hoogtepunt in jou musiekloopbaan.
![]()










