Talent@ Laerskool Tygerpoort
ADVERTISEMENT
Hierdie jaar was ons Talent@Tygies weer ‘n spogaand! Laerskool Tygerpoort het die geleentheid aangegryp om hulle talente op elke kunsgebied ten toon te stel. Daar was van instrumentale items tot dans, sang en drama. ‘n Ware fees vir almal wat van konserte hou! Visuele kunswerke het tot die feestelike atmosfeer bygedra. Ons kultuurgroepe het weereens gewys waarom ons Trotse Tygies is. Daar was meer as ‘n honderd leerders wat die geleentheid gebied is om hul talente op die verhoog op te voer. Hulle was ons lofdansers, senior-revuegroep, marimbas, pom-poms en toneelgroep. Chris Steyn, wenner van Die Kontrak 2023 en ook oud-Tygie, het as gaskunstenaar opgetree. Dit was voorwaar ‘n plesier om hom by ons skool te kon verwelkom.
![]()









