Hoërskool Framesby musikant eindig tweede in kompetisie
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby musikant Luhann Sprong het die naweek aan die Into-the-mix musiekkompetisie deelgeneem in die kategorie “kontemporêr instrumentaal graad 2-5”. Hy het deurgedring na die finaal wat op Sondag 14 Mei by Victoria Park plaasgevind het, waar hy tweede in sy kategorie geëindig het. Baie geluk, Luhann! Dankie aan mev. Nellie Brandt wat hom in dwarsfluit onderrig en wat hom tydens die kompetisie op klavier begelei het.











