Hoërskool Stellenbosch koor het ’n uitmuntende tweede plek behaal
ADVERTISEMENT
Hoërskool Stellenbosch koor het ’n uitmuntende tweede plek in die Hoërskool-meriete: gemengde afdeling behaal en daarmee gewys dat hulle hul plek tussen die land se voorste skoolkore volstaan.Baie geluk aan elke koorlid en ’n spesiale erkenning aan Jared Hanekom (dirigent) en Cara le Grange (koorbestuurder) vir hulle ongelooflike toewyding. Julle het die koor se stemme tot hulle reg laat kom.
- Wenner: Hoërskool Noordheuwel
- Naaswenner: Hoërskool Stellenbosch
- Derde plek: HTS Drostdy
Ons is ongelooflik trots op ons koor. Deur harde werk en toewyding het hulle as ’n hegte span gegroei en met ’n skitterende vertoning gewys waartoe hulle in staat is.










