Dalweide Primêr spog met Nasionale Onderwysster
ADVERTISEMENT
Dalweide Primêr is ongelooflik trots om aan te kondig dat ons juffrou Swartz as 1ste Naaswenner (1st Runner-Up) by die National Teaching Awards (NTA) 2026 aangewys is!
Hierdie besondere prestasie is ‘n bewys van haar harde werk, toewyding, passie vir onderwys en die verskil wat sy elke dag in die lewens van haar leerders maak. Baie dankie vir die inspirasie, omgee en uitnemendheid wat u na ons skoolgemeenskap bring.
U is ‘n ware voorbeeld van wat dit beteken om met liefde en toewyding te onderrig.Baie geluk met hierdie welverdiende erkenning! Ons vier saam met u hierdie besondere mylpaal.










