Laerskool Bastion se redenaars hou die skool se naam hoog
ADVERTISEMENT
’n Groepie van Laerskool Bastion se redenaars het in Gauteng aan hul onderskeie nasionale redenaarskompetisies gaan deelneem. Hierdie leerders het Bastion se naam besonders hoog gehou. Leanke van Schalkwyk het ’n nasionale eerste plek in die Kansvatterskompetisie vir Gr 6 & 7 Afrikaans Huistaal vir onervare redenaars behaal. Matteo Botes het in hierdie kategorie ’n derde plek behaal. Linka Blomerus het ’n derde plek behaal in die kategorie Gr 6 & 7 Engelse Redenaars, terwyl Keanu Whittaker ’n derde plek behaal het in die kategorie Gr 6 & 7 Afrikaans Eerste Addisionele Taal.














