Springbok loer in by Laerskool Bellville-Noord
ADVERTISEMENT
Duane Vermeulen (Springbok-rugbyspeler) het Vrydag, 25 Oktober, die o.13 rugbyspelers van Laerskool Bellville-Noord kom verras deur by hul afsluitingsbraai op te daag. Hy het ‘n hele paar toekennings namens die afrigter, mnr. Johannes Terblanche, oorhandig en lekker gemaklik met die seuns gesels, vrae beantwoord en lekker gemaklik saam met hul gekuier. Ons waardeer die professionele sportpersoonlikhede wat tyd uit hul besige programme kry om by hul jong ondersteuners uit te kom en te kom motiveer.
Duane Vermeulen staan heel agter in die middel.










