Laerskool Wierdapark is reg vir 2022
ADVERTISEMENT
Die #blinkoogpersoneel is vanoggend in die bevoorregde posisie om na mnr. Hein Knoetze as motiveringspreker te luister. Mnr. Knoetze was die hoof gedurende Hoërskool Driehoek se brugtragedie in 2019. Vanoggend is elkeen se hart aan die brand gesteek en hoop aangevuur om die toekoms met verwagting tegemoet te gaan. Om ‘n verwagting te hê, maar dan verpletter te staan sal in verwondering eindig oor hoe die Here die storm stilmaak. Ons haal graag mnr. Knoetze aan:
- “Uit die slegste sleg kom daar altyd die mooiste mooi.”
- “Wat het ons as alles vergaan? Ons het net geloof, hoop en liefde.”
- “Toevallig – Toe val die lig van die Here.”
- “Wees Koniningskinders met harte van goud en hanteer mekaar ook so. “
- “Die Here sal jou nie deur iets sit wat jy nie kan hanteer nie.”
Dankie mnr. Knoetze vir hierdie ongelooflike oggend. Die Laerskool Wierdapark is reg vir 2022.










