Laerskool Swartkop netbalspelers speel hul laaste laerskool wedstryd met passie
ADVERTISEMENT
Mense verstaan nie altyd waarom spelers so emosioneel raak tydens hul laaste wedstryd op laerskool nie. “Dis mos net laerskool,” sê mense. “Jy gaan weer in hoërskool speel.” Maar dis nie waaroor dit gaan nie.
Dis 7 jaar se herinneringe, emosies en oomblikke langs én op die baan. Dis waar liefde vir die sport begin het. Waar vaardighede aangeleer is. Waar spanmaats familie geword het en boesemvriende saam gegroei het.
Dis die laaste keer wat jy alles gee vir dáárdie span.
Die laaste keer wat jy saam met jou laerskoolmaats speel. Eers vir die pret, later om te wen. Jy speel jou hart uit, want jy weet jy sluit ’n ongelooflike hoofstuk af. En diep binne jou weet jy: hierdie gevoel sal nooit weer presies dieselfde wees nie.nDít is waaroor sport gaan. Om jouself in elke wedstryd in te gooi. Om ná 7 of 8 jaar totsiens te kan sê met ’n vuur wat steeds brand in jou Laerskool Swartkop hart … ’n hart vol passie, herinneringe en uiterste trots!










