Hoërskool Framesby leerders word gemotiveer deur die kenners
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby Oudskolier, Lindie Strydom en voormalige hoof van Paul Roos, Jannie vd Westhuizen het ‘n motiveringspraatjie met ons leerders, personeel en ouers kom voer. Tydens hul gesamentlike sessie met die ouers en personeel het hulle gesels oor hoe om ’n opvoeder/ouer te wees in ‘n ontwrigte samelewing. Jannie het met die seuns gesels oor die toekoms terwyl Lindie met die dogters oor karakter /identiteit/wie ons is/wat ons doen gesels het.










