Laerskool Eversdal bring hulde aan die Leerderondersteuningsentrum
ADVERTISEMENT
Laerskool Eversdal bring hulde aan die ongelooflike personeel en leiers van die Van Schalkwyk Leerderondersteuningsentrum, wat reeds vir 50 jaar verseker dat elke leerder die geleentheid kry om hul uniekheid te ontdek, te ontwikkel en te bestuur.
In 2020 is hierdie besondere ruimte verder uitgebrei met die toevoeging van ’n Innovasie Hub , ’n plek waar selfgerigte leer, selfregulering en persoonlike groei aangemoedig en ontwikkel word.
Die sentrum en Innovasie Hub bly steeds die dryfkrag agter die groei, ontwikkeling en sukses van Eversdal se leerders.










