Hoërskool Jan van Riebeeck Akademiese Nuus
ADVERTISEMENT
Distriksprysuitdeling
Hoërskool Jan van Riebeeck skitter by distriksprysuitdeling! Ons is baie trots op die talle toekennings wat ons skool by die Kaapse Metro Sentraal-distrikprysuitdeling ontvang het vir ons 2024-matriekuitslae:
- 100%-slaagsyfer
- Beste verbetering in universiteitstoelatings
- Beste skooluitslae in Afrikaans Huistaal
- Volgehoue uitnemendheid in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe
- Hoogste prestasie deur ‘n kandidaat in 4 vakke – Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Besigheidstudies en Wiskundige Geletterdheid
- Ons top kandidaat, Mari Swanepoel, eindig 4de in ons Kaapstaddistrik.
Ons is baie trots op ‘n groot spanpoging en die gehalte-onderrig hier by ons geliefde skool!
Verder is ons baie trots op ons oud-leerders wat uitsonderlike vakuitslae in die 2024-matriekeksamen vereer het.
Beste vakprestasie in die hele distrik:
- Mari Swanepoel – Afrikaans Huistaal (96%)
- Layla Erasmus – Engels Eerste Add. Taal (90%)
- Toby de Ruiter – Besigheidstudies (99%)
- Jana van Rooyen – Wisk. Geletterdheid (97%)
- Toby de Ruiter (7 onderskeidings) ontvang ook ‘n spesiale toekenning as die toppresteerder in ons kring wat, ten spyte van uitdagender omstandighede, uitgeblink het.
- Mari Swanepoel eindig 4DE in ons baie sterk akademiese distrik! Interessante ook dat die top 3-leerders ook die top 3-presteerders in die hele land is! Mari, kort op hul hakke, is dan ook die toppresterende dogter in ons Kaapstaddistrik! Die ander leerders in die top 10 is van Rustenburg, Westerford en nog 4 seuns van Rondebosch.
Baie geluk ook aan al ons vriende by hierdie buurskole. Wat ‘n merkwaardige prestasie vir ons puik Jan van Riebeeckers!
100% Slaagsyfer
- 21 vakonderskeidings
- 9 leerders slaag met 7 A’s
- 4 leerders slaag met 6 A’s
- 6 leerders slaag met 5 A’s
- 53% van die klas behaal ‘n gemiddelde bo 70%
- 24,4% van die klas behaal ‘n gemiddelde bo 80%
Vakgemiddeldes (22 vakke aangebied)
- Vakgemiddeld bo 60% – 17
- Vakgemiddeld bo 70% – 9
- Vakgemiddeld bo 80% – 2 (Visuele Kunste en English Home Language)
MARI SWANEPOEL
Ons bars van die trots dat ons toppresteerder in die 2024-matriekeksamen, Mari Swanepoel, met haar gemiddeld van 95,29% by Leeuwenhof ‘n baie spesiale toekenning van die premier van die Wes-Kaap, mnr. Alan Winde, ontvang het as een van die TOP 40-PRESTEERDERS in die Wes-Kaap!
Hoërskool Jan van Riebeeck is ook erken as die 3de beste presterende skool in die provinsie wat daarin kon slaag om vanaf 2022 tot 2024 ons universiteitstoelatingsyfer die meeste te verbeter – ‘n prestasie waarop ons baie trots is aangesien ons baie hard werk om dié statistiek jaarliks te bly verbeter!
TOP 20-Skole Presteerderslys
Ons is baie trots dat DRIE van ons vakke in die 2024-matriekeksamen besonder goed op nasionale vlak presteer het om die Top 20-skolepresteerderlys te kon haal! Hierdie prestasielys word saamgestel volgens die aantal vakonderskeidings wat in die onderskeie vakke per kandidaat (%) behaal is.
AFRIKAANS HUISTAAL- 6DE in SA FISIESE WETENSKAPPE – 8STE in SA ENGLISH FIRST ADD. LANGUAGE – 17DE in SA Baie geluk aan hierdie departemente en ons Jan van Riebeeckers wat baie hard gewerk het om dié mooi prestasies moontlik te maak! Hoërskool Jan van Riebeeck is vir die derde keer in ‘n ry aangewys as een van die Top 20 Afrikaanse skole in die land na afloop van die 2024-matriekeksamen!
En ons is besonder trots dat ons vanaf 2023, toe ons in die 20ste plek was, na die 6DE posisie gespring het in 2024! Ons is boonop die tweede beste gemengdegeslagskool in die land én eerste in die Wes-Kaap – slegs drie enkelgeslagmeisieskole is bo ons op die merietelys. Die prestige-toekenningsgeleentheid vind op 7 Februarie in Johannesburg plaas – hou gerus ons sosiale media dop vir meer hieroor later! Baie geluk aan ons matriekklas van 2024 en ons personeelspan met dié puik prestasie!
GRAAD 8-11 2024 Prysuitdeling
Wat ‘n pragtige prysuitdeling om ons 2024-toppresteerders vir akademie, sport, kultuur en leierskap te vereer!
Baie geluk aan elke Jan van Riebeecker wat na die beste van sy/haar vermoë presteer het – en deelgeneem het aan ons bedrywige skoolprogram!
Ons is besonder trots op al ons Jan van Riebeeckers wat vir hul harde werk en prestasies beloon is. Die vlak van prestasie styg by die jaar en dit was dus ’n voorreg om saam met die ouers hierdie besondere prestasies van ons kinders te vier.
Ons lig graag ons SPESIALE TOEKENNINGS uit:
- Sportnuusmaker van die jaar: Jan Karsten
- Sportman van die jaar: Jan Karsten
- Sportvrou van die jaar: Monique de Beer
- Kultuurnuusmaker van die jaar: ATKV-Tienertoneelgroep – Callback
- Nuusmaker van die jaar: ATKV-Tienertoneelgroep – Callback
- Veelsydigste sportpresteerder: Scarlett van der Merwe
- Adriaan Geldenhuys-gedenktrofee vir ’n uitsonderlike graad 10-leerder: Monique de Beer
- Interhuistrofee 2024: De Goede Hoop
- Veelsydigste seun in graad 8: Willem Burger
- Veelsydigste dogter in graad 8: Katia van Wyk
- Veelsydigste seun in graad 9: Albert Griesel
- Veelsydigste dogter in graad 9: Cara Swanepoe
- Veelsydigste seun in graad 10: Fredrich Erasmus
- Veelsydigste dogter in graad 10: Luca Zulch
- Veelsydigste seun in graad 11: Amuran Bester
- Veelsydigste dogter in graad 11: Stella Malan
- JvR-Trots 2024 – hoogste skooldeelnamepunt in:
- graad 8 – Katia van Wyk
- graad 9 – Cara Swanepoel
- graad 10 – Luca Zulch
- graad 11 – Amuran Bester
- Akademiese toppresteerders per graad:
Graad 8
- 3de – Lida-Mari Bosman
- 2de – Karlien van der Walt
- 1ste – Katia van Wyk (96,33%)
Graad 9
- 3de – Kate Mouton
- 2de – Alexia Olivier
- 1ste – Cara Swanepoel (94,33%)
Graad 10
- 3de – Hendrik Bredenkamp
- 2de – Mia Symington
- 1ste – Luca Zuch (94,86%)
Graad 11
- 3de – Stella Malan
- 2de – Emma Bartel
- 1ste – Liela Simpson (93,86%)
Baie geluk, Jan van Riebeeckers! Mag jul in 2025 bly voortbou op hierdie suksesse.













