Hoërskool Volksrust verwelkom nuwe personeellid
ADVERTISEMENT
Baie welkom aan me. Tanya Webb by Hoërskool Volksrust!Me. Webb het aan Hoërskool Waterkloof gematrikuleer en haar onderwysstudies aan die Noordwes-Universiteit (NWU) Potchefstroom voltooi. Sy is oorspronklik van Pretoria en het in 2014 na Pongola verhuis, waarna sy en haar gesin hulle in 2019 in Wakkerstroom gevestig het.
Sy is gelukkig getroud met Tommie Webb, ’n boer, en saam is hulle die trotse ouers van drie kinders: Natanya (6), Miané (3) en klein Lodewyk van 4 maande oud.
Me. Webb is ’n geloofsgegronde persoon met ’n groot hart vir mense en is ook betrokke by Helpende Hand. Sy het ’n liefde vir die natuur en diere en geniet dit om ander te help waar sy kan. Al is sy bang vir die donker en slange, pak sy elke uitdaging met deernis en positiwiteit aan.
Ons sien uit daarna om saam met haar deel van die Volksrust-familie te wees. Baie welkom, me. Webb. Mag u tyd by Hoërskool Volksrust geseënd en voorspoedig wees!










