Bergfiets uitslae vir Langenhoven Gimnasium
ADVERTISEMENT
SCSC MTB Liga 3 – Rheenendal, Knysna. Langenhoven Gimnasium se fietsryers het Saterdag 31 Mei 2025 hulle derde liga in Rheenendal, Knysna, aangepak en hulle het puik gevaar! Erich Malan het ‘n indrukwekkende 5de plek in die Youth Men-kategorie behaal. Christiaan Brittnell het ‘n knap 9de plek in die Sub Junior-afdeling ingepalm. Soos altyd was die kompetisie straf, maar Erich en Christiaan het hul plekke volgestaan en hul Gimmie-gees gewys!












