Bethlehem Voortrekker fietsryers neem deel aan die vierde Free State Provincial XCO
ADVERTISEMENT
Tydens die vakansie het die Bethlehem Voortrekker fietsryers deelgeneem aan die vierde Free State Provincial XCO by Happy Valley net buite Bloemfontein. Enrico Kennedy behaal ‘n sesde plek en Christiaan de Wet ‘n agste plek in die Youth Men afdeling. In die Sub Junior Boys afdeling behaal Janno Kriel ‘n tweede plek en Keanu Kennedy ‘n sewende plek.

Foto: Enrico Kennedy, Christiaan de Wet, Keanu Kennedy, Janno Kriel









