Die Hoërskool Framesby Bergfietsklub is hierdie jaar vyf jaar oud
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Framesby Bergfietsklub is hierdie jaar vyf jaar oud en het gegroei tot die grootste bergfietsspan in die distrik. Framesby eindig aan die einde van die seisoen van vyf skoleligas eerste in elkeen van die drie kategorieë: die skole kompetisie waarin alle uitslae tel; die hoë prestasie kompetisie waarin die top drie resultate tel; asook die bywoningskompetisie vir die meeste deelnemers. Ons fietsryers blink ook uit in padfiets en XCO, die meer tegniese bergfietskategorie. Elf van ons ryers het gekwalifiseer vir die OP-span wat op 21-22 September in Brits aan die SA Kampioenskappe gaan deelneem. Ons kwalifiseer ook as topskool om ‘n gemengde skoolspan te vat. Ons is baie trots op hierdie groep ryers en wil ook ons dank uitspreek aan Coach Luca Fanicchi, wat groot werk doen, asook ons ouers wat altyd daar is om te ondersteun.


















