Die Hoërskool Wonderboom Tiere sluit hul liga op `n hoë noot af
ADVERTISEMENT
Die Wonnie-Tiere het hul ligaveldtog met ’n indrukwekkende 67–17-oorwinning teen Hoërskool Tuine afgesluit en eindig derde in die liga! Wat ’n puik vertoning deur ons eerste span! Julle het met krag, dissipline, spanwerk en ware Wonnie-hart gespeel.
Hierdie oorwinning is ’n bewys van die harde werk en toewyding wat deur die hele seisoen ingesit is.Baie geluk aan elke speler, afrigter en ondersteuner wat deel was van die span se reis. Julle het Die Hoërskool Wonderboom met trots verteenwoordig. Baie geluk, Tiere! Ons is trots op julle! Dankie aan Pierre Rhynners wat hierdie ongelooflike oomblik vasgevang het.










