Laerskool Rooihuiskraal open Terapie Sentrum
ADVERTISEMENT
Die Laerskool Rooihuiskraal Rooimiere verwelkom graag die volgende terapeute wat hul privaat praktyke uitbrei om in venootskap met die personeel én ouers, terapie sessies gedurende skoolure te kan voorsien. Hiérdie terapeute is uiters kundig, ervare en passievol oor die ontwikkeling van kinders! Die Rooimiere sien uit om met hierdie terapeute hande te vat.

Agter van links na regs: Me. Lizelle Burger – Spraakterapeut Me. Michelle McDonald – Spraakterapeut Me. Carien Fölscher (Skoolhoof)
Me. Chantelle van der Walt – Opvoedkundige Sielkundige & Spelterapeut Voor van links na regs:
Me. Hanneli Marais – Arbeidsterapeut Me. Anri-Louise Oosthuizen – Arbeidsterapeut









