AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Hoërskool Zwartkop o.14 A sagtebalspan wen oortuigend

  • Golden Glory for Arbor Park Primary under 12 Netball

  • Hoërskool Witteberg se Tienertoneelspan skitter as Durban-streekswenners

  • Dundee High School enjoys another successful week

  • Laerskool Westwood spog met top 10 Akademiese sterre


Free StateHoërskool WittebergNorthern and Eastern Free StateRegional News
Home›Regional News›Free State›Hoërskool Witteberg se Tienertoneelspan skitter as Durban-streekswenners

Hoërskool Witteberg se Tienertoneelspan skitter as Durban-streekswenners

By Andreneza Damonse
6th August 2026
1
0

ADVERTISEMENT


Share:

Hoërskool Witteberg se Tienertoneelspan het van 23 tot 25 Julie tydens die ATKV-Tienertoneelfees in Durban geskitter toe hul produksie, (Op)soek na Sondag, as Durban-streekswenner én beste produksie bekroon is. Die span is verder met verskeie spesiale toekennings vereer en het ‘n indrukwekkende medalje-oes opgelewer.

Die produksie, geskryf deur Luan Jacobs, vertel die verhaal van ‘n groep boemelaars wat hul name vir dae van die week verruil het. Wanneer Sondag spoorloos verdwyn, pak hulle ‘n reis aan om hom te gaan soek. In ‘n vervalle myn word hulle met versoeking, moeilike keuses en die gevolge daarvan gekonfronteer. Die verhaal dra ‘n sterk geloofsboodskap oor: dat die keuses wat ons maak gevolge het, maar dat die Heilige Gees altyd teenwoordig is en ons nooit alleen laat nie.

Suné Hills Beste beligtingsoperateur

Die regisseur van (Op)soek na Sondag, juffrou Ronelle van Heerden, skryf die produksie se sukses toe aan die span se uitsonderlike samewerking. “Die groep is spesiaal, want hulle spanwerk is fantasties. Hulle werksetiek was van hoogstaande gehalte en dit het tot ons sukses bygedra. Elkeen het geweet wat hulle rol is en daarom het ons spesialiste op elke gebied gehad. Ons het ook baie navorsing en besprekings rondom die stuk gehou,” sê sy.

Gerhard Nel Beste klankoperateur

Hoewel die streekswenner-titel ‘n besondere hoogtepunt was, sê Van Heerden die grootste waarde van die produksie lê in die boodskap wat dit oordra. Volgens haar was die geleentheid om die verhaal te vertel, die geloofsboodskap uit te dra en die hegte vriendskappe wat tydens die proses gevorm is, net so betekenisvol soos die uiteindelike erkenning.

Tegniese span_Beste hantering van tegniese aspekte

Benewens die streekswenner-titel en die toekenning vir beste produksie, is Erné van Aswegen as beste verhoogbestuurder, Suné Hills as beste beligtingsoperateur en Gerhard Nel as beste klankoperateur aangewys. Die produksie is ook vereer vir beste hantering van tegniese aspekte, terwyl Leonelle van Niekerk die toekenning vir beste aktrise in ‘n hoofrol ontvang het vir haar vertolking van Maandag.

Erné van Aswegen_ Beste verhoogbestuurder

Een van die span se groot uitblinkers was Erné van Aswegen, wat ‘n Cum laude vir verhoogbestuur ontvang het en ook as beste verhoogbestuurder aangewys is. “Toe ek hoor van die prestasies, kon ek dit nie glo nie. Dit is ongelooflike erkenning, maar ek kon dit nooit sonder die hele groep, die tegniese span en juffrou Ronelle bereik het nie,” vertel sy.

 

Leonelle van Niekerk_Beste aktrise in ’n hoofrol

Die produksie se sukses is verder weerspieël in die medaljetoekennings, waar Witteberg een Cum laude-, sewe goud-, twaalf silwer- en vyf bronsmedaljes ontvang het vir onder meer spel, regie, ensemblewerk, tegniese aspekte, kostuums, stelontwerp, beligting en klank.

Met die Durban-streekswenner-titel en ‘n indrukwekkende aantal individuele toekennings agter hul naam, verskuif Witteberg se Tienertoneelspan nou hul fokus na die Allegretto Toneelfees in Bloemfontein, waar (Op)soek na Sondag op 13 Augustus weer op die planke sal wees.

Witteberg-se-Tienertoneelspan

TagsTienertoneel
Previous Article

Dundee High School enjoys another successful week

Next Article

Golden Glory for Arbor Park Primary under ...

Share:

Related articles More from author

  • Free StateHoërskool WittebergNorthern and Eastern Free StateRegional News

    Hoërskool Witteberg blink uit by ATKV-Tienertoneel Bloemfontein Streeksfees

    12th August 2024
    By Karien Frans
  • Free StateHoërskool WittebergNorthern and Eastern Free StateRegional News

    Hoërskool Witteberg Tienertoneel Presteer by FAK Allegretto Toneelfees

    28th August 2024
    By Karien Frans
  • HighveldHoërskool ErmeloMpumalangaRegional News

    Hoërskool Ermelo leerder word vereer as beste aktrise by AKTV

    11th August 2022
    By Karien Frans
  • HighveldHoërskool ErmeloMpumalangaRegional News

    Hoërskool Ermelo Tienertoneel versamel toekennings by Streeksfees

    8th August 2022
    By Karien Frans
  • HighveldHoërskool VolksrustMpumalangaRegional News

    Hoërskool Volksrust presteer tydens die FAK-toneelfees 2024

    26th August 2024
    By Karien Frans
  • Hoërskool LangenhovenRegional NewsSouthern CapeWestern Cape

    ATKV Tienertoneel uitslae vir Hoërskool Langenhoven

    29th September 2025
    By Karien Frans

  • Acts House of EducationGauteng JohannesburgMidrand Fourways Sunninghill WoodmeadRegional News

    On the AWSUM couch with Acts House of Education Head Boy for 2022

  • Drakensberg PrimaryKwazulu-NatalNorthern NatalRegional News

    Drakensberg Primary School learner crowned Miss Wonder Women

  • Eastern CapeHoërskool DespatchPort Elizabeth and SurroundsRegional News

    Skitter SA Nasionale atletiek prestasie vir Hoërskool Despatch atlete

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

AWSUM News is South Africa’s largest school news platform. Since 2013 we’ve published every school’s story — academics, sport, culture and leadership — connecting 4 000+ schools with the families who read them daily.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us