Skitter SA Nasionale atletiek prestasie vir Hoërskool Despatch atlete
ADVERTISEMENT
Hoërskool Despatch se atlete het aan die SA Nasionale Hoërskole-atletiekbyeenkoms op die Pilditch-stadion in Pretoria deelgeneem. Hulle het uitstekend gevaar en ons is ongelooflik trots op elkeen van hulle!
Uitslae:
- Tianie de Lange – ons eie S. A-Skolekampioen in dogters o.15 hamergooi! Sy behaal ’n 1ste plek in hamergooi.
- Jana Oelofse – 3de plek in driesprong en 6de plek in hamergooi.
- Juane Schuin – 7de plek in driesprong en 8ste plek in 400 mH.
- Dylan Viviers – 2de plek in hamergooi
- Lian Pace – 10de plek in 100 mH en 8ste plek in hoogspring.




















