Spog atletiek prestasies vir Laerskool Noord-Eind
ADVERTISEMENT
Laerskool Noord-Eind Theolin Edwards het die afgelope naweek in Germiston aan die SA Atletiek Kampioenskappe deelgeneem. Theolin het ‘n 5de plek vir sy gewigstoot, seuns o.13, gekry en ‘n spoggerige 2de plek, seuns o.13, vir sy spiesgooi waar hy 49.03m gegooi het. Wel gedaan!










