Laerskool Bellville-Noord het ‘n “funky hat” dag gehou om geld in te samel vir die NSRI
ADVERTISEMENT
“Funky hats” bring geld in vir die NSRI
Op 15 Maart het Laerskool Bellville-Noord ‘n “funky hat”-dag gehou om geld in te samel vir die NSRI (National Sea Rescue Institute). Die wonderlikste hoede was saam met die skooluniforms gedra. Die inkomste sal binnekort aan die NSRI oorbetaal word. Ons was ook tydens die saalbyeenkoms deur Liezl van der Merwe besoek wat ons meer kom vertel het van veiligheid op die strand, asook die werk wat die vrywilligers van die NSRI verrig. Sy het ons ook meer van die pienk reddingsboeie vertel wat deesdae by meeste strande te sien is.
Liezl van der Merwe saam met ons hoofleiers na afloop van haar besoek.





















