Hoërskool Volksrust die jaarlikse Adopt-a-kid fondsinsameling tema dag gehou
ADVERTISEMENT
Op Donderdag, 23 Maart 2023 het Hoërskool Volksrust die jaarlikse Adopt-a-kid tema dag gehou ter ondersteuning van leerders wat buitengewoon moeilike omstandighede die hoof moet bied. Die leerlinge het in klasverband fondsinsameling gedoen. Die wenners is as volg:
- “Best dressed female student” – Aphengle Msibi
- “Best dressed male student’’ – Nthokozo Ndlovu
- ‘’Best dressed teachers’’- Ms Zuzane van der Merwe – Mr Joubert Willers
- ‘’Best dressed class’’ – Gr 10E21 as “101 Dalmations”
- “Class that raised the most money” – Gr 11A1 & 11A2 (Samewerkend)
Dankie vir julle goeie harte Volkies! Dit is danksy julle dat moedelose harte weer met moed gevul word. Dankie ook aan elke ma, pa, ouma, oupa, oom, tannie, neef, niggie en baie vreemdelinge wat die fondsinsamelingsprojek vir Adopt-A-Kid 2023 ondersteun het… julle is onskatbaar waardevol! Sonder jul ondersteuning is ons hande afgekap. ‘n Baie spesiale dankie aan die besighede wat pryse geborg het – The Goathouse Kitchen & Deli (Marietjie Briel Breytenbach Els & Linda Michaelmore) en Aesthete Beauty Clinic (Elri Froneman) – beide van Wakkerstroom.

















