Hoërskool Martin Oosthuizen bied ‘n baie geslaagde fondsinsamelingsfunksie aan
ADVERTISEMENT
Hoërskool Martin Oosthuizen was onlangs bevoorreg om ‘n baie geslaagde fondsinsamelingsfunksie by die skool aan te bied. Tydens hierdie geleentheid het die baie bekende Frank Opperman sy bekroonde teater produksie Reunie aangebied. Phillip van Zyl (gr 12) het ook die geleentheid gekry om sy afslaersvaardighede te oefen. Phillip neem die komende vakansie aan die Nasionale Jeugskou se afslaersafdeling deel. By die funksie is ook ‘n skildery van Frank opgeveil wat deur Anlia Shaw (gr 7, LSK )gemaak is. Sy het dit aan die skool geskenk vir opveiling. Hy het na die geleentheid die skildery onderteken. Dit was ‘n pragtige aand waar daar heerlik gekuier is.












