Hoërskool Nelspruit leerder ingesluit in die SA Opewater-swemspan
ADVERTISEMENT
Anja Buitendach (Graad 11) van Hoërskool Nelspruit ingesluit in die SA Opewater-swemspan wat op 6 en 7 Junie 2026 in Mauritius gaan deelneem. Slegs ses swemmers per ouderomsgroep word vir hierdie span gekies, en Anja vorm deel van die o/16-o/18-damesgroep.
Dit is ’n besondere prestasie en ons weet Anja gaan die Nellies en Suid-Afrika trots maak as ’n waardige ambassadeur.
Baie sterkte, Anja!










