Laerskool Noord-Eind redenaars presteer uitstekend
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die volgende redenaars van Laerskool Noord-Eind wat uitstekend presteer!
- Lizé Engels neem op 4 Oktober aan die finaal van Podiumpret deel. Sy is as die Nasionale Kategorie-wenner, Motiveringstoespraak, Gr. 7 aangewys. Lizé behaal 92.5%.
- Corné Rabie behaal 90.83% vir sy deelname aan die finaal van Podiumpret- redenaars. Hy ontvang goud vir sy redenaarstoespraak by die Huisgenoot Eisteddfod.
- Mia-Mari Ackerman het ‘n gemiddeld van 75.3% vir haar deelname aan Podiumpret- redenaars hierdie jaar gekry. Sy het 68% behaal tydens die finaal.











