Hoërskool Ermelo leerder word vereer as beste aktrise by AKTV
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo-toneelspeler gekroon as beste aktrise. Mienke Cloete, graad 11-leerder van EHS, verdien voorwaar die toekenning van beste aktrise in ‘n hoofrol waarmee sy vereer is by ATKV-Tienertoneel Gauteng Streeksfees 2 se prysuitdeling. Tydens haar toneelgroep, kameR-5, se optrede waarin sy as “Nurse” gespeel het, het Mienke grense verskuif op die verhoog en het met die optrede ‘n goue sertifikaat verdien. Dié sertifikaat is op sigself ‘n besondere prestasie van tussen 80% en 89% vir haar toneelspel.
Op Saterdagoggend, na 25 stukke van verskeie skole gedurende die week aan die streeksuitdunne deelgeneem het, is sy genooi na die prysuitdeling as ‘n genomineerde. EHS kon uit hul nate bars van trots oor hierdie prestasie, onder andere omdat Mienke die eerste Errie is in die geskiedenis van EHS se tienertoneel wat dit kon bereik. Mienke, mag jou passie vir toneelspel en kultuur jou aanhou dryf tot groter hoogtes en mag jy nooit jou passie vir die verhoog verloor nie. Die kultuurvlam wat binne jou brand is aansteeklik!

Mienke

Mienke

Mienke









