Hoërskool Ellisras se SA Skole Swem Kampioenskappe uitblinker
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ellisras swemmer Minke Erasmus (o.14) het hierdie naweek aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe by die Universiteit van Wes-Kaap deelgeneem. Sy het gekwalifiseer vir ses items en het drie medaljes verower:
- 2de – 100m Vlinderslag
- 2de – 50m Vlinderslag
- 3de – 50m Rugslag
- 4de – 200m Vlinderslag
- 5de – 100m Vryslag
- 8ste – 200m Vryslag
Jou prestasies weerspieël die ure se oefening en jou onwrikbare gees – ons is trots op jou, Minke!













