Curro Langebaan swemspan blink uit by Porterville Gala
ADVERTISEMENT
Curro Langebaan swemspan blink by Porterville Gala! Ons is ongelooflik trots op al ons swemmers wat aan die Porterville Swemgala deelgeneem het! Hulle het met harde werk, spangees en deursettingsvermoë gesorg vir ’n puik vertoning in die swembad. Ons Langie-span het saam die volgende medaljes verower:
- Goud: 22
- Silwer: 25
- Brons: 13
- Altesaam: 60 medaljes!











