Die Hoërskool Brandwag leerder gekies om Oos-Kaap by die SA Nasionale Skopboks Kampioenskap te verteenwoordig
ADVERTISEMENT
Henrico Louw, ’n Graad 12-leerder van Die Hoërskool Brandwag, is gekies om die Oos-Kaap te verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Nasionale skopbokskampioenskap wat van 24 tot 28 April in Oudtshoorn plaasvind. Henrico het reeds sy swartbelt in skopboks verwerf – ’n besondere prestasie wat getuig van jare se harde werk, dissipline en toewyding. Hy gaan deelneem in die points “fighting- en light contact” -afdelings. Ons is ongelooflik trots op jou, Henrico. Jy dra die naam van Brandwag met trots. Sterkte met die kampioenskap – ons staan 100% agter jou!













