Hoërskool Ermelo skuts het aan die Suid-Afrikaanse Skole-Kampioenskap deelgeneem
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo skuts wat die vakansie in Limpopo aan die Suid-Afrikaanse Skole-Kampioenskap deelgeneem het, het goed gevaar. Hulle verwerf die volgende plekke:
- Marla de Jager (o.21) eindig 44ste van 109 skuts.
- Dehandri Morkel (o.21) eindig 66ste van 109 skuts.
- AJ Verster (o.21) eindig 99ste van 109 skuts.
- Lynné Rademan (o.16) eindig 112de van 132 skuts.
Danie Geldenhuys, wat ook vir die Erries skiet en Provinsialekleure verwerf het, het 26ste geëindig van 56 skuts (o.14) Baie geluk aan elke skut. EHS sien uit om te sien wat die Erries in 2025 gaan raakskiet!










