Hoërskool Ermelo-skuts gekies vir Mpumalanga-span
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo-skuts gekies vir Mpumalanga-span. Die Errie-skuts het aan die Mpumalanga-finaal deelgeneem. Tydens die kompetisie het hulle goeie tellings geskiet: Pieter de Beer skiet 1373, Dehandri Morkel skiet 1338, Marla de Jager skiet 1325 (pb) en Altus Boshoff se telling is 1242.Baie geluk Pieter de Beer, Dehandri Morkel en Marla de Jager wat geskies is vir die Mpumalanga-span wat in Oktober aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap gaan deelneem. Hoërskool Ermelo is besonder trots op elke skut. Baie geluk in besonder aan dié wat gekies is vir die Mpumalanga-span.

(vlnr): Dehandri Morkel, Marla de Jager en Pieter de Beer









